Marita van der Vyver gesels oor My Jaar van Vrees en Vryheid
’n Unieke aand vir lees- en skryfkunsliefhebbers
Sluit by ons aan vir ’n besonderse aand saam met een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers, Marita van der Vyver, wanneer sy oor haar jongste boek, My Jaar van Vrees en Vryheid, gesels.
10 September 2026
18:30 vir 19:00
Teater, Hoërskool Curro Hazeldean
Slegs R50!
Bespreek by Quicket: KLIK HIER
Wat kan jy verwag?
- ’n Verwelkomingsdrankie en peuselhappies
- ’n Boeiende gesprek met Marita van der Vyver
- ’n Geleentheid om vrae te stel en deel te wees van ’n betekenisvolle gesprek
- Boeke te koop
- ’n Boektekensessie ná die gesprek
- Ontmoet nuwe mense wat jou liefde vir lees en skryfkuns deel
Marita is die bekroonde skrywer van talle boeke vir volwassenes, jongmense en kinders. Haar eerste volwasse roman, Griet skryf ’n sprokie, het die M-Net-prys, ATKV-Prosaprys en Eugène Marais-prys verower en is sedertdien in talle tale vertaal. Haar werk het ook internasionale erkenning geniet, en in 1997 is sy genooi om aan die gesogte International Writers Program aan die Universiteit van Iowa deel te neem.
Tydens hierdie eerlike en boeiende gesprek neem Marita ons agter die skerms van haar jongste boek en deel sy meer oor haar persoonlike reis, die stories agter die boek en die temas van moed, verandering, vrees en vryheid.
Of jy reeds My Jaar van Vrees en Vryheid gelees het, ’n aanhanger van Marita se werk is, self graag skryf, of eenvoudig lief is vir goeie stories, hierdie aand wil jy nie misloop nie.
Sitplekke is beperk. Bespreek jou plek betyds en bring jou liefde vir boeke saam!