Responsive image

Liewe Heksie en die Wals

Strictly Come Dancing ontmoet Blommeland in hierdie heerlike familie-avontuur!

 

Haai oe julle stoute kabouters!”

Wat gebeur as Liewe Heksie besluit om deel te neem aan Blommeland se eie “Strictly Come Dancing”? En weet sy ooit wat ’n wals is? Wanneer Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas, raak dinge nog meer spannend, want die Geelheks wil haar kloue daarop kry! Liewe Heksie belowe egter om die Silwerpapawer met haar lewe te beskerm … maar soos altyd loop dinge nie heeltemal volgens plan nie.
Hierdie sprankelende produksie gee weer lewe aan Verna Vels se geliefde stories met humor, energie en gehoordeelname. Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl spring met oorgawe in verskeie karakters in en betrek die gehoor by ’n wêreld van verbeelding en pret.


Die duo is al verskeie kere genomineer vir toekennings soos die kykNET Fiëstas, Fleur du Cap en KKNK Kannas en spog reeds met twee KKNK Kanna-toekennings vir kinderteater.

Teks: Margit Meyer-Rödenbeck
Regie en Vervaardiging: Margit Meyer-Rödenbeck

 

Get your tickets today!

Cost: R150

Rating: Family-friendly

Click here to buy your ticket


Get your directions here: