Responsive image

Curro Kathu |supports Groen Kathu initiative

Die skoonmaakaksie was ‘n reusesukses die afgelope naweek.   Oud en jonk het weereens uitgestaan.  Groen kathu wil spesiaal al die skoolkinders wat Saterdag gehelp het bedank.

Julle elkeen is ‘n voorbeeld en leer van kleins af dat dit beter is om te gee as te ontvang.  Dankie aan elke pappa, elke mamma, elke kind, die senior burgers en

 elke “Groen Kathu-spanlid wat gehelp het.  Dankie ook aan Jaco van Curro Kathu wat groot verligting gebring het met sy blower en water. 

Saam saam sal ons hierdie dorp van ons omdraai.   

Groen Kathu wil van die geleentheid gebruik maak om ook weereens al die borge te bedank.  Elke kruiwa, elke graaf, elke sak en elke drom verf maak ‘n geweldige verskil.  Groen Kathu kan met trots sê dat hulle alreeds een permanente werker kon aanstel met fondse wat ontvang is.  Hy  gaan elke Woensdag vir Groen Kathu werk.  Hulle besef dat hande  nou die nodigste is. 

Kromhout-en Bonthoutwoonbuurt het die Groen Kathu-werker  aangestel een maal per week, asook  twee besighede in die industriele area. Die mikpunt is om nog 3 sulke werkers te kan aanstel wat permanent vir Groen Kathu in die dorp skoonmaak.   Hulle wil woonbuurte en besighede aanmoedig om deel te word van die skoonmaakaksies.  Kontak hulle gerus indien jul arbeiders soek of gereedskap nodig het.  Hulle wil Phillip van KCC bedank vir die stoor wat hulle vir Groen Kathu beskikbaar gestel het vir al die geborgde gereedskap. Dan wil die groep vir Moolmans spesiaal bedank vir al die verf wat geborg is.  Dit maak ‘n geweldige groot verskil en hulle is opgewonde om mee te deel dat Oom Herman vir die groep al die verfwerk gaan doen met sy span mense.  Hulle wil elke huiseienaar wat sy sypaadjie skoonmaak en elke besigheid wat inspring bedank vir julle positiwiteit en pragtige voorbeeld.    

Die volgende skoonmaakaksie is 5 Junie 2021.  Kom help en word deel van die Groen-Familie.

Indien jy betrokke wil raak, gaan soek ons op Facebook onder Groen Kathu

2) Navrae romdom borge vir Groen Kathu drome. kontak:  Jolene van  Rooidrom by 0837762166.

Om deel te wees van die Groen Kathu-WhatsApp-groep kontak Annereth (0823346181) / Hannerie (0724660200) en ons stuur vir jou die skakel. 4) Indien U belangstel om ‘n finansïele bydrae te gee vir ‘n “Groen Kathu” werker, kontak Annerien Groenewald 0832746714.