Responsive image

Curro Durbanville se dansende koningin

Alexa Collen, (12) ‘n Graad 6 leerder aan Curro Durbanville het gedurende grendeltyd as deel van die Westelike Provinsiespan aan Talent Africa Nasionale Kampioenskappe vir uitvoerende kunste deelgeneem. As gevolg van Covid 19 en reisbeperkings is die Nasionale Kampioenskappe virtueel/aanlyn gehou.  Die twee dansitems waaraan sy deelgeneem het, het sy vir beide Goud verwerf.  Na hierdie deelname word sy gekies as deel van die Suid-Afrikaanse span en Afrika Span om aan Talent America in New York deel te neem.

Talent America word egter ook hierdie jaar virtueel/aanlyn aangebied.  Sy is gekies om aan 4 dansitems deel te neem as deel van die Suid-Afrikaanse/Afrika-span.  Hierdie aanlyn kompetisie sal nou gedurende Desember 2020 plaasvind.