Responsive image

Ansunè Stolk progresses to the final round of the ‘speeltoneel’ competition

Curro Kathu wil baie graag geluk toewens aan Ansuné Stolk wat deurgedring.  Het na die finale rondte in die “speeltoneel-kompetisie”. Dit is voorwaar ‘n besonderse prestasie aangesien sy uit duisende leerders regoor die land heen gekies is.

Sy het in Mei 2020 vir die kompetisie ingeskryf, waar sy aanlyn dramaklasse ontvang het onder leiding van bekende Suid-Afrikaanse akteurs onder andere Desiré Gardner, Germandt Geldenhuys, Reynardt Hugo en Je-ani Swiegelaar.

Curro is baie trots om bekend te maak dat sy deel is van ‘n kortfilm waarvan Izak Davel die regisseur is. Curro Kathu kan nie wag om haar op die kassie te sien nie.