Information

MySchool

Ondersteun jou gunstelingskool of liefdadigheidsorganisasie sonder dat dit jou ’n sent kos

Wat is MySchool MyVillage MyPlanet?

MySchool MyVillage MyPlanet is Suid-Afrika se grootste gemeenskapsondersteuningsprogram wat fondse insamel vir skole en liefdadigheid om sodoende opvoedkundige en maatskaplike ontwikkeling te verbeter. MySchool laat  enigeen toe om fondse in te samel vir hulle gunstelingskool of  liefdadigheidsorganisasie. Dit is regtig so maklik!

Doen vandag aansoek vir ‘n MySchool MyVillage MyPlanet-kaart. Dit  is gratis vir jou. Oorhandig jou kaart by kleinhandelaars regoor die land elke keer as jy koop. Die winkel skenk dan namens jou ’n persentasie van jou transaksie aan jou gekose begunstigde.

Hoe werk MySchool MyVillage MyPlanet?

  1. 1. Kry ’n gratis kaart  aanlyn of skakel 0860 100 445. Jy kan ook by enige Woolworths-winkel ’n kaart  kry.           

    2. Nomineer jou skool of liefdadigheidsorganisasie as die begunstigde.            

    3. Oorhandig jou kaart wanneer jy by enige van die deelnemende vennote  aankope doen (dit sluit in: Woolworths,  Engen Quickshops, Toys R Us, Waltons, Reggie’s,  kalahari.com, Power24 en meer).            

    4. Die vennoot sal ’n persentasie  van jou transaksie aan jou begunstigde skenk!

Die voordele van ’n MySchool-kaart:

  1. Samel fondse in sonder dat dit  jou ’n sent kos!
  2. Ontvang eksklusiewe afslag van  sekere vennote, soos WRewards  by Woolworths, en spesiale aanbiedinge van vennote. Jy kan die jongste spesiale aanbiedinge vir  kaarthouers hier kry.
  3. Ontvang ’n maandelikse staat via e-pos met jou transaksies en die bedrag wat vir jou begunstigde ingesamel is.
  4. Jy kan jou kaart by meer as 1 500 verskillende winkels gebruik. Kry die besigheidsvennote in jou omgewing hier.

Kontak  MySchool MyVillage MyPlanet:

Webwerf: www.myschool.co.za         E-pos Kliëntedienste: cs@myschool.co.za         Telefoon:  0860 100 445       Faks:  0866 822 833

Doen aansoek vir jou MySchool MyVillage MyPlanet-kaart       Dis  gratis! Kry die kaart en begin om ’n verskil te maak, of skakel 0860 100 445 om aansoek te doen

Vind plaaslike vennote in jou area       Koop by deelnemende vennote om sodoende fondse vir jou begunstigde in te samel

Elke transaksie tel!