Social Responsibility

Mr & Miss Curro Heuwelkruin

Contact Us
>>
Enrolment
>>
Important Dates
>>
School Discipline
>>
School Uniforms
>>
Back to Curro Heuwelkruin

MNR & MEJ CURRO HEUWELKRUIN 2012/MR & MISS CURRO HEUWELKRUIN 2012

 

Die Mnr. & Mej. Heuwelkruin-projek is geloods om vir Heuwelkruin-leerders die geleentheid te skep om  by gemeenskapsprojekte in die Polokwane omgewing betrokke te raak.

Die 12 finaliste (vier uit elke huis) word verkies uit die hoërskool se drie groepe: Triton, Phobos en Deimos.  Die laerskoolgroepe, Bye, Toktokkies en Naaldekokers, skakel by die drie hoërskoolgroepe se gemeenskapsprojekte in.  Die groep verteenwoordigers word reeds in Februarie aangewys en kan in erns met hul beplanning begin.  Die hoogtepunt is die kroning van Mnr. & Mej. Heuwelkruin in Julie tydens ons finale gala-aand.

Mnr. en Mej. Curro Heuwelkruin 2012 wenners is Carla Koen en Pieter Jansen

    

  

Die projekte wissel van ou mense en kinders tot die DBV.  Die leerders kies self die projek of soms projekte waarby hulle wil inskakel.

In 2012 het Curro Heuwelkruin die volgende projekte gedoen

  • Joann Rusoord
  • Hangerprojek.  Dit is waar klere  vir minderbevoorregte mense ingesamel word.
  • Myngenoegen-plotte
  • SPCA/DBV
  • Tiqvah huis vir kinders
  • Ngwana-babahuis
  • Jacaranda winter warmer

Die sukses van hierdie projek is vir ons gekoppel aan die betrokkenheid van al die Heuwelkruin-leerders, -personeel en -ouers.  Die ondersteuning is jaarliks oorweldigend en daarom kan ons sê dit is 'n groot sukses.  Ons hoop om vir nog baie jare hiermee voort te gaan.

Mnr. en Mej. Curro Heuwelkruin 2013 vind op 25 Julie 2013 by Curro Heuwelkruin plaas